WEEK 7 - DIE GEREGTIGHEID VAN DIE WET

Ons weet wie die Bose is – die duiwel.  Hy is ook die god van hierdie wêreld.  Die duiwel is ook die een wat wil hê dat Jesus Christus van geen waarde in jou lewe moet wees nie.  Hy wil jou van die genade laat verval.  Die duiwel is die een wat jou in die hel wil hê by hom!

WEEK 6 – NIE ONTVANG VAN 'N MENS, NIE GELEER NIE, MAAR ONTVANG UIT OPENBARING VAN JESUS CHRISTUS (Deel 2)

Kom ons vergelyk die boodskap wat aan Paulus gegee is en die boodskap wat aan Moses gegee is.
2Kor 3:6  wat ons ook bekwaam gemaak het as dienaars van ʼn nuwe testament, nie van die letter nie, maar van die gees; want die letter maak dood, maar die gees maak lewend.
2Kor 3:7  En as die bediening van die dood, met letters op klippe gegraveer, in heerlikheid was, sodat die kinders van Israel nie die oë kon vestig op die aangesig van Moses nie vanweë die heerlikheid van sy aangesig, wat tog moes vergaan,
2Kor 3:8  hoeveel te meer sal die bediening van die Gees dan nie in heerlikheid wees nie?

WEEK 6 - NIE ONTVANG VAN 'N MENS, NIE GELEER NIE, MAAR ONTVANG UIT OPENBARING VAN JESUS CHRISTUS (Deel 1)

Elke week sal ons sien hoe die Woord ons verlig soos die Heilige Gees ons leer in alle waarheid.
Kom ons vergelyk die boodskap wat aan Paulus gegee was met die die boodskap wat aan Moses gegee was:
2Kor 3:6  wat ons ook bekwaam gemaak het as dienaars van ʼn nuwe testament, nie van die letter nie, maar van die gees; want die letter maak dood, maar die gees maak lewend.

WEEK 5: DIE OË VAN JOU VERSTAND MOET VERHELDER WORD...

Verlede week het ons duidelik gesien uit die Woord van God dat 'n Evangelie gegee is aan Paulus vir die heidene.  Ons het ook gesien dat daar mense is wat dit behoort te weet, maar nie doen nie, hoekom?  Paulus vertel vir ons dat die god van hierdie wêreld die mense se oë verblind vir die glorieryke Evangelie - die goeie nuus - en dit sal ook nie vir hulle geopen word nie.  Valse leraars vertel die mense wat hulle graag wil hoor...

WEEK 4 - 'N DISPENSASIE VAN DIE EVANGELIE IS AAN MY TOEVERTROU

Verlede week het ons met hierdie verse geëindig:
1Kor. 9:16  Want as ek die evangelie verkondig, is dit vir my geen roem nie; want die dwang is my opgelê, en weë my as ek die evangelie nie verkondig nie!
1Kor. 9:17  Want as ek dit vrywillig doen, het ek loon; maar as ek dit onwillig doen, is ʼn rentmeesterskap aan my toevertrou.
1Kor. 9:18  Watter loon het ek dan? Dat as ek die evangelie verkondig, ek die evangelie van Christus kosteloos bring, om nie van my reg in die evangelie ten volle gebruik te maak nie.

 Paulus het geweet dat hy 'n outoriteit in die evangelie gehad het.  Nou wil ons hê jy moet dit ook weet.  My begeerte is dat jy sal besef dat God wil hê jy moet Sy Woord reg "sny", sodat wanneer jy voor Hom staan, jy nie beskaamd sal staan nie...

WEEK 3 - DIE BETEKENIS VAN CHRISTUS SE DOOD EN OPSTANDING

Verlede week het ons gesien hoe die apostel van die heidene verborge geheimenisse ontvang het wat vir eeue onbekend was en hoe dit aan ons bekend gemaak is deur Paulus.  Jesus sê vir sy dissipels:  
Joh. 16:12  Nog baie dinge het Ek om aan julle te sê, maar julle kan dit nou nie dra nie. 
Kom ons kyk verder om te sien watter geheimenisse nog geopenbaar word, oor die dood van ons Here Jesus Christus...

WEEK 2 - DIE OPENBARING VAN DIE OPGESTANE HERE JESUS CHRISTUS

Ons het verlede week gesien hoe God manne gebruik het regdeur die geskiedenis om Sy wil uit te voer. Met Noag het hy die aarde hernu en bose mense vernietig. In Abraham het hy Sy eie uitverkose volk begin - 'n volk wat Sy Seun, die Verlosser van die wêreld, sou voortbring. Met Moses het Hy aan die volk die wet gegee en hulle gelei na die Beloofde Land. Johannes berei die weg voor die Here. Jesus kom as 'n man en kom doen die wil van sy Vader, waarmee hy Sy koninkryk versinnebeeld. Kom ons kyk nou verder na die man vir wie God geroep het om die goeie nuus te verkondig aan die heidene...

WEEK 1: DIE REGTE FONDASIE...

Ek vertrou dat u elkeen alreeds die Here Jesus Christus aangeneem het as u persoonlike Verlosser en Saligmaker.
1Kor 3:11 Want niemand kan ‘n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus.
Noudat jy in die wedloop is, gaan jy beoordeel word volgens die reëls van die wedloop...