WEEK 6 – NIE ONTVANG VAN 'N MENS, NIE GELEER NIE, MAAR ONTVANG UIT OPENBARING VAN JESUS CHRISTUS (Deel 2)

Kom ons vergelyk die boodskap wat aan Paulus gegee is en die boodskap wat aan Moses gegee is.
2Kor 3:6  wat ons ook bekwaam gemaak het as dienaars van ʼn nuwe testament, nie van die letter nie, maar van die gees; want die letter maak dood, maar die gees maak lewend.
2Kor 3:7  En as die bediening van die dood, met letters op klippe gegraveer, in heerlikheid was, sodat die kinders van Israel nie die oë kon vestig op die aangesig van Moses nie vanweë die heerlikheid van sy aangesig, wat tog moes vergaan,
2Kor 3:8  hoeveel te meer sal die bediening van die Gees dan nie in heerlikheid wees nie?
2Kor 3:9  Want as die bediening wat veroordeel, heerlikheid was, veel meer is die bediening wat regverdig maak, oorvloedig in heerlikheid.
2Kor 3:10  Want wat verheerlik was, is ook in hierdie geval nie verheerlik nie, vanweë die alles oortreffende heerlikheid.
2Kor 3:11  Want as wat moes vergaan, met heerlikheid was, veel meer is wat moet bly, in heerlikheid.
2Kor 3:12  Terwyl ons dan sodanige hoop het, gebruik ons baie vrymoedigheid;
2Kor 3:13  nie soos Moses nie, wat ʼn bedekking oor sy aangesig gesit het, sodat die kinders van Israel nie die oë kon vestig op die einde van wat moes vergaan nie.
2Kor 3:14  Maar hulle sinne is verhard. Want tot vandag toe bly by die lesing van die Ou Testament dieselfde bedekking sonder dat dit opgelig word, die bedekking wat in Christus vernietig word.
2Kor 3:15  Ja, tot vandag toe, wanneer Moses gelees word, lê daar ʼn bedekking oor hulle hart;
2Kor 3:16  maar wanneer hulle tot die Here bekeer is, word die bedekking weggeneem.
2Kor 3:17  Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid.
2Kor 3:18  En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ʼn spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.

Moses, die man, het die boodskap van die wet ontvang, wat die boodskap van die dood was. 
Rom 3:28  Ons neem dus aan dat die mens geregverdig word deur die geloof sonder die werke van die wet.

Waarom is daar so ʼn groot verskil tussen die twee boodskappe?  Daar is baie redes.  Kom ons kyk na een aspek daarvan: 
Gal 5:16  Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie;
Gal 5:17  want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie.
Gal 5:18  Maar as julle deur die Gees gelei word, dan is julle nie onder die wet nie.

Die Wet van Moses was gegee aan Israel, in die vlees.  Vir hierdie rede moes Jesus die wet kom vervul, deur te sterf vir die sondes van die wêreld. 
Joh 1:29  Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!
Omdat die sondes van die wêreld weggeneem is, het die wet, wat sin uitgewys het, nie meer sonde gehad om uit te wys nie.  Die Lam van God is gegee vir alle mense wat wou aanvaar en glo dat Jesus Christus die Lam van God is, en die offer vir hulle sonde. 
Rom 10:4  Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo.

Vyftig dae na Jesus se dood, is die Heilige Gees uitgestort.  Jesus praat van die Heilige Gees:
Joh 3:3  Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.

Joh 3:5  Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.
Joh 3:6  Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.
Joh 3:7  Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie.
Joh 3:8  Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is.

Jy moet uit die Heilige Gees gebore word.  Paulus leer ons hoe om uit die Heilige Gees gebore te word en hoe om in die Gees te lewe, asook van die gawes van die Gees.  Nie deur werke nie, maar slegs deur geloof, kan jy hierdie geskenk van God verkry.
2Ti 3:5  mense wat ʼn gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het (die krag van die Heilige Gees). Keer jou ook van hierdie mense af.


Paulus het die instrumente van die duiwel geken, ook die mense sʼn.  Dit is waarom hy sê:
Gal 1:8  Maar al sou ons of ʼn engel uit die hemel julle ʼn evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ʼn vervloeking wees! (sonder hoop om gered te word)
Gal 1:9  Soos ons vantevore gesê het, sê ek nou ook weer: As iemand julle ʼn evangelie verkondig in stryd met die wat julle ontvang het, laat hom ʼn vervloeking wees! (wonder hoop om gered te word)
Gal 1:10  Soek ek dan nou die guns van mense, of van God? Of probeer ek om mense te behaag? As ek nog mense behaag, dan sou ek nie ʼn dienskneg van Christus wees nie.
Gal 1:11  Maar ek maak julle bekend, broeders, dat die evangelie wat deur my verkondig is, nie na die mens is nie. (ook nie deur enige Bybelskool nie)
Gal 1:12  Want ek het dit ook nie van ʼn mens ontvang of geleer nie, maar deur ʼn openbaring van Jesus Christus.
En die openbaring wat Paulus ontvang het is die VOLLE raadsplan van God.
Rom 2:16  in die dag wanneer God die verborge dinge van die mense deur Jesus Christus sal oordeel, volgens my (Paulus) evangelie.

Ons moet baie mooi verstaan – Jesus Christus het vir jou en my sondes gesterf aan die kruis, nie Paulus nie.  Paulus het slegs die openbaring ontvang van wat Jesus gedoen het vir ons.

Is die dood van Jesus belangrik vir ons?  JA!  Dit is die fondasie van ons verhouding met God.  Ons sien dat, toe dit plaasgevind het, het die dissipels nie verstaan wat besig was om te gebeur nie.  Dit is waarom God vir Paulus geroep het om hierdie openbaring aan die mense mee te deel.  Dit is die goeie nuus wat geen mens, nie eens die dissipels nie, vir Paulus kon leer nie.
Rom 16:25  Aan Hom dan wat magtig is om julle te versterk volgens my evangelie en die prediking van Jesus Christus, ooreenkomstig die openbaring van die verborgenheid wat eeue lank verswyg is,

Self Petrus was beïnvloed deur Paulus se evangelie.
2Pe 3:15  En ag die lankmoedigheid van onse Here as saligheid, soos ons geliefde broeder Paulus ook met die wysheid wat aan hom gegee is, aan julle geskryf het,
2Pe 3:16  net soos in al die briewe. Hy spreek daarin oor hierdie dinge, waarvan sommige swaar is om te verstaan, wat die ongeleerde en onvaste mense verdraai, net soos die ander Skrifte, tot hul eie verderf.
2Pe 3:17  Noudat julle dit dan vooruit weet, geliefdes, moet julle op jul hoede wees dat julle nie miskien meegesleep word deur die dwaling van sedelose mense en wegval uit jul eie vastigheid nie.

God het mense gebruik om die Bybel te skryf.  Paul het ook ʼn gedeelte van die Bybel gehad wat hy moes skryf, wat genoem word die dispensasie van die genade van God.
Efes 3:2  as julle ten minste gehoor het van die bediening van die genade van God wat aan my verleen is vir julle,
Efes 3:3  dat Hy aan my deur ʼn openbaring bekend gemaak het die verborgenheid, soos ek tevore kortliks geskryf het;
Efes 3:4  waardeur julle, as julle dit lees, my insig in die verborgenheid van Christus kan verstaan,
Efes 3:5  wat in ander tye aan die mensekinders nie bekend gemaak is nie soos dit nou aan sy heilige apostels en profete geopenbaar is deur die Gees, naamlik
Efes 3:6  dat die heidene mede-erfgename is en medelede van die liggaam en mededeelgenote aan sy belofte in Christus deur die evangelie
Efes 3:7  waarvan ek ʼn dienaar geword het, volgens die gawe van die genade van God wat aan my gegee is ooreenkomstig die werking van sy krag.

Die dispensasie van genade begin met die dood van Jesus Christus, die Seun van God, en dit eindig by die wegraping (harpazo).

Daarna gebruik God ʼn ander man, genaamd Johannes...
Openb 1:1  Die openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur, en wat Hy deur die sending van sy engel aan sy dienskneg Johannes te kenne gegee het,
Openb 1:2  wat getuig het van die woord van God en die getuienis van Jesus Christus alles wat hy gesien het.
Openb 1:3  Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby.

Aan die begin het ons uitgewys hoe God mense gebruik het om die 39 boeke van die Ou Testament te skryf; en nog mense om die 27 boeke van die Nuwe Testament te skryf.  Paulus skryf in 2Ti 2:15  Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ʼn werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.
Dit is waarom ons Bybelstudie doen – sodat ons die Woord van die Waarheid reg kan sny.  Hoe weet ons vandag wat is die waarheid?  Paulus gee vir ons ʼn leidraad in 1Co 10:32  Wees geen oorsaak van struikeling vir Jode of Grieke of vir die gemeente van God nie;  In watter kategorie val ons?  Ons sal later hieroor uitbrei...

Ons het deeglik gekyk na Paulus se evangelie.  Ons vertrou jy besef die belangrikheid van Paulus se evangelie.  Ons het hierdie oefening deurgewerk vir ʼn baie goeie rede.  Net soos ons nou gekyk het na die ware evangelie, is daar ook ʼn ander evangelie.   En slegs as jy die ware evangelie ken, sal jy in staat wees om die ander evangelie te identifiseer en weg te vlug van die verleiding wat dit bring, in hierdie laaste dae...

Jesus waarsku ons oor hierdie ander evangelie:
Mat 24:3  En toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom en sê: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld?
Mat 24:4  En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie.
Mat 24:5  Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei.
Mat 24:6  En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word nie, want alles moet plaasvind, maar dit is nog nie die einde nie.
Mat 24:7  Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke.
Mat 24:8  Maar al hierdie dinge is ʼn begin van die smarte.
Mat 24:9  Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van my Naam.
Mat 24:10  En dan sal baie tot struikel gebring word en mekaar verraai en mekaar haat.
Mat 24:11  En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei.
Mat 24:12  En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel.
Mat 24:13  Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.

Paulus waarsku ons ook oor hierdie ander evangelie:
1Tim 4:1  Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang

2Kor 11:3  Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus.
2Kor 11:4  Want as iemand kom en ʼn ander Jesus verkondig as wat ons verkondig het, of as julle ʼn ander gees ontvang as wat julle ontvang het, of ʼn ander evangelie as wat julle aangeneem het, laat julle jul dit goed geval.
2Kor 11:5  Want ek reken dat ek niks agterstaan by dié uitnemende apostels nie.
2Kor 11:6  En al is ek ook onbedrewe in woord, dan tog nie in kennis nie; maar ons het ten volle in alle opsigte openbaar geword by julle.
2Kor 11:7  Of het ek sonde gedoen deur my te verneder sodat julle verhoog kan word, omdat ek die evangelie van God kosteloos aan julle verkondig het?

Jy sal slegs in staat wees om vas te hou aan die waarheid tot die einde toe, as jy nie verlei word nie.  So, jy beter ʼn liefde vir die waarheid hê!
1Pet 2:5  en laat julle ook soos lewende stene opbou, tot ʼn geestelike huis, ʼn heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus.
1Pet 2:6  Daarom staan dit ook in die Skrif: Kyk, Ek lê in Sion ʼn uitverkore en kosbare hoeksteen, en die wat in Hom glo, sal nooit beskaam word nie.
1Pet 2:7  Vir julle dan wat glo, is Hy kosbaar; maar vir die ongelowiges geld die woord: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het ʼn hoeksteen geword; en: ʼn Steen des aanstoots en ʼn rots van struikeling—
1Pet 2:8  vir dié wat hulle daarteen stamp, omdat hulle aan die woord ongehoorsaam is, waarvoor hulle ook bestem is.  As jy ongehoorsaam is aan die Woord, kan jy maar weet jy gaan struikel en val – dit is ʼn feit!

Jesus sê in Mat 24:5  Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei.
Paulus sê in 2Kor 11:3  hulle sal ʼn ander Jesus verkondig, en onmiddellik daarna sê hy as wat ons verkondig het, of as julle ʼn ander gees ontvang as wat julle ontvang het, of ʼn ander evangelie as wat julle aangeneem het,
Vergelyk dit met
Gal 1:8  Maar al sou ons of ʼn engel uit die hemel julle ʼn evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ʼn vervloeking wees!
Gal 1:9  Soos ons vantevore gesê het, sê ek nou ook weer: As iemand julle ʼn evangelie verkondig in stryd met die wat julle ontvang het, laat hom ʼn vervloeking wees!
Gal 1:10  Soek ek dan nou die guns van mense, of van God? Of probeer ek om mense te behaag? As ek nog mense behaag, dan sou ek nie ʼn dienskneg van Christus wees nie.
Gal 1:11  Maar ek maak julle bekend, broeders, dat die evangelie wat deur my verkondig is, nie na die mens is nie.
Gal 1:12  Want ek het dit ook nie van ʼn mens ontvang of geleer nie, maar deur ʼn openbaring van Jesus Christus.
_________________________________________