WEEK 7 - DIE GEREGTIGHEID VAN DIE WET

Ons weet wie die Bose is – die duiwel.  Hy is ook die god van hierdie wêreld.  Die duiwel is ook die een wat wil hê dat Jesus Christus van geen waarde in jou lewe moet wees nie.  Hy wil jou van die genade laat verval.  Die duiwel is die een wat jou in die hel wil hê by hom!

Ons het verlede week geeindig met die gevaar om die wet as leerstelling te lees:
2Kor 3:14  Maar hulle sinne is verhard. Want tot vandag toe bly by die lesing van die Ou Testament dieselfde bedekking sonder dat dit opgelig word, die bedekking wat in Christus vernietig word.

2Kor 4:1  Daarom, aangesien ons hierdie bediening het volgens die barmhartigheid wat ons ontvang het, gee ons nie moed op nie.
2Kor 4:2  Maar ons het van die heimlike dinge wat skandelik is, afstand gedoen, en ons wandel nie in listigheid of vervals die woord van God nie; maar deur die waarheid aan die lig te bring, beveel ons ons by elke menslike gewete voor God aan.
2Kor 4:3  Maar as ons evangelie (evangelie van Jesus Christus) dan nog bedek is, is dit bedek in die wat verlore gaan,
2Kor 4:4  naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie.
2Kor 4:5  Want ons verkondig nie onsself nie, maar Christus Jesus as Here, en onsself as julle diensknegte om Jesus wil.
2Kor 4:6  Want God wat gesê het dat daar uit duisternis lig moet skyn—dit is Hy wat in ons harte geskyn het om die verligting te bring van die kennis van die heerlikheid van God in die aangesig van Jesus Christus.
2Kor 4:7  Maar ons het hierdie skat in erdekruike, sodat die voortreflikheid van die krag van God mag wees en nie uit ons nie.

Laat ons eers teruggaan na Gal 5:4  Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval.

Wie dink jy wil hê dat die kinders van God van die genade moet verval?
Wie wil die bloed van Jesus Christus van geen waarde maak in jou lewe?

2Kor 4:4  naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie.
Luk 4:4  Maar Jesus antwoord en sê vir hom: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord van God.
Luk 4:5  Toe bring die duiwel Hom (Jesus) op ‘n hoë berg en wys Hom (Jesus) al die koninkryke van die wêreld in ‘n oomblik se tyd.
Luk 4:6  En die duiwel sê vir Hom (Jesus): Ek sal U al hierdie mag gee en hulle heerlikheid, want dit is aan my oorgegee, en ek gee dit aan wie ek wil.

1Joh 5:19  Ons weet dat ons uit God is en die hele wêreld in die mag van die Bose lê.

Ons weet wie die Bose is – die duiwel.  Hy is ook die god van hierdie wêreld.  Die duiwel is ook die een wat wil hê dat Jesus Christus van geen waarde in jou lewe moet wees nie.  Hy wil jou van die genade laat verval.  Die duiwel is die een wat jou in die hel wil hê by hom!

Moenie Satan se instrumente miskyk nie.  Wat gebruik hy om Christus van geen waarde te maak in jou lewe?  Die duiwel gebruik valse leraars om jou onder die wet te bring.  Hy oortuig jou dat jy deur die wet regverdig (gered) kan word.   En as jy dit glo, is jy mislei en het jy verval van die genade. 
Gal 5:4  Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval.
Gal 3:10  Want almal wat uit die werke van die wet is, is onder die vloek; want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat nie bly in alles wat geskryf is in die boek van die wet om dit te doen nie.
Gal 3:11  En dat niemand deur die wet by God geregverdig word nie, is duidelik; want die regverdige sal uit die geloof lewe.
Gal 3:12  Maar die wet is nie uit die geloof nie, maar die mens wat hierdie dinge doen (die werke van die wet), sal daardeur (deur die wet) lewe.
Gal 3:13  Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word—want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang—
Gal 3:14  sodat die seën van Abraham na die heidene kan kom in Christus Jesus, en dat ons die belofte van die Gees deur die geloof kan ontvang.

Gal 5:3  En ek betuig dit weer aan elke mens wat hom laat besny, dat hy onder verpligting is om die hele wet te onderhou.

Jak 2:10  Want wie die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, het aan almal skuldig geword.

Deut 27:26  Vervloek is hy wat die woorde van hierdie wet nie hou om dit te doen nie; en die hele volk moet sê: Amen.  Die King James lees:  Cursed be he that confirmeth not all the words of this law to do them.”

As jy enige deel van die wet wil onderhou, lees asseblief Deut. 27:15-26.

Waarom bring die werke van die wet ons so maklik in versoeking?  Omdat die werke van die wet in die vlees is – dit is op dieselfde plek waar sonde is, naamlik in die vlees. 
1Tim 1:9  en as hy weet dat die wet nie gegee is vir die regverdige nie, maar vir die wettelose (ons is nie wetteloos nie, maar onder die web van vryheid – nie sonder die wet van God nie, maar onder die wet van Christus – 1 Kor 9:21) en tugtelose mense, goddelose en sondaars, onheiliges en ongewydes, vadermoorders en moedermoorders, moordenaars,

Het jy geweet dat jy die geregtigheid van God is in Jesus Christus?  Dan sal jy nooit ‘n probleem met die wet hê nie;  want mense probeer om deur die wet hulle eie geregtigheid te verkry. 
Fil 3:9  en in Hom gevind te word, nie met my (eie) geregtigheid wat uit die wet is nie, maar met dié wat deur die geloof in Christus is, die geregtigheid wat uit God is deur die geloof; [King James lees “mine own righteousness”]
1Ti 1:9  en as hy weet dat die wet nie gegee is vir die regverdige nie, maar vir die wettelose en tugtelose mense, goddelose en sondaars, onheiliges en ongewydes, vadermoorders en moedermoorders, moordenaars,
1Tim 1:10  hoereerders, sodomiete, mensediewe, leuenaars, meinediges en wat daar anders met die gesonde leer in stryd is,  Hierdie is die lering vind ons in Paulus se evangelie – die openbaring van die opgestane Jesus Christus!  Meet asseblief jou wandeling met die Here, wat jy glo en wat jou kerk verkondig, aan die evangelie van Paulus wat hy ontvang het  van die opgestane Jesus Christus.

As jy nie twee of meer skrifte kan vind wat in konteks is in Handelinge, Romeine, Korinthiërs, Galasiërs, Efesiërs, Fillipense, Thessalonisense, Timoteus, Titus, Filemon en Hebreërs nie, dan volg jy dalk die leerstellings van mense en nie van God nie!  Die hele woord is WAAR! MAAR, ons moet die woord van die waarheid reg sny.  
Hand 20:26  Daarom betuig ek aan julle op hierdie dag dat ek rein is van die bloed van almal.
Hand 20:27  Want ek het nie nagelaat om aan julle die hele raad van God te verkondig nie.
Hand 20:28  Gee dan ag op julleself en op die hele kudde waaroor die Heilige Gees julle as opsieners aangestel het om as herders die gemeente van God te versorg [nie die vlees nie, dit kan God nie behaag nie], wat Hy deur sy eie bloed verkry het.
Hand 20:29  Want ek weet dit, dat ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie.

Baie sal moet ophou om “kerk te speel”, en begin om na die Gees te leef. Eze 13:19  En julle ontheilig My by my volk vir ‘n paar hande vol gars en vir ‘n paar stukke brood [wie se god hulle maag, geld en wins is] om siele dood te maak wat nie moes gesterf het nie, en om siele in die lewe te hou wat nie moes geleef het nie, deurdat julle my volk belieg wat na leuens luister.

Fil 3:18  Want baie—van wie ek julle dit dikwels gesê het en nou ook onder trane sê—wandel as vyande van die kruis van Christus.
Fil 3:19  Hulle einde is die verderf, hulle god is die buik en hulle eer is in hulle skande; hulle bedink aardse dinge.

Geld speel ‘n baie groot rol in die meeste “kerke”.  Ek het ‘n broer in Christus hoor vertel dat sommige mense se preke gaan meer as 70 % van die tyd oor geld. Amo 8:5  deur te sê: Wanneer is die nuwemaan verby, sodat ons koring kan verkoop, en die sabbat, sodat ons die graanskuur kan oopsluit—om die efa te verklein en die sikkel te vergroot en bedrieglik te handel met ‘n valse weegskaal;   Die maat waarmee afgemeet word, word kleiner en die wins word groter.  Wanneer dit 70 % van die tyd oor geld gaan, gaan jy gelukkig wees as dit die ander 30 % van die tyd oor verkondiging van die woord gaan.

Soos ek vantevore genoem het – ek glo nie dat die Roomse Katolieke kerk reg is nie.  Wat hou die Roomse Katolieke kerk aan die gang?  Geld.  Tiendes is ‘n opdrag volgens die wet.  Wat hou die meeste “kerke” aan die gang?  Tiendes! Heb 7:5  Nou het hulle wat uit die seuns van Levi die priesterskap ontvang, wel ‘n gebod om, volgens die wet, van die volk tiendes te neem, dit is van hulle broers, ofskoon hulle uit die lendene van Abraham voortgekom het;

Ons het geen probleem daarmee om te gee nie.  Om te gee soos die Heilige Gees jou lei, is skriftuurlik.  Rom 8:14  Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.   2Kor 9:7  Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem [nie 10 % nie], nie met droefheid of uit dwang nie, want God het ‘n blymoedige gewer lief.

Wanneer jy verplig word/voel om tiendes te gee, word jy onder die wet en die vloek gebring.
Gal 3:10  Want almal wat uit die werke van die wet is, is onder die vloek [tiendes is ‘n werk van die wet]; want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat nie bly in alles wat geskryf is in die boek van die wet om dit te doen nie.

Wanneer dit kom by tiendes gee, is die skrif wat meeste gebruik word Maleagi 3:6  Want Ek, die HERE, het nie verander nie; en julle, kinders van Jakob, is nie verteer nie. Met wie praat God hier? Met die seuns van Jakob – nie met die Kerk nie.  Baie mense sny nie die woord van die waarheid reg nie.
2Tim 2:15  jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ‘n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.

Kom ons kyk verder - Mal 3:7  Sedert die dae van julle vaders [wie? Abraham, Isak en Jakob] het julle van my insettinge afgewyk en dit nie onderhou nie. Keer terug na My, en Ek wil na julle terugkeer, sê die HERE van die leërskare. Maar julle [Israel] vra: Waarin moet ons terugkeer?
Mal 3:8  Mag ‘n mens God beroof? Want julle beroof My, en julle sê: Waarin het ons U beroof? In die tiendes en die offergawe.
Mal 3:9  Met die vloek is julle [Israel] belaai [want hulle is onder die wet], en tog beroof julle My, julle [Israel], die hele nasie!
Mal 3:10  Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin, sê die HERE van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle ‘n oorvloedige seën sal uitstort nie. 

Tiendes was ‘n gebod onder die wet, vir die kinders van Israel om tiendes te gee aan die Leviete.  Die Leviete is ‘n stam, hulle het nie geboer nie.  Hulle moes werk vir God, in Sy diens staan deur tempeldiens te doen, offers te bring, ens.  As die ander 11 staqmme van Israel nie vir hulle graan, vrugte, lewende hawe, ens gegee het nie, sou hulle honger gebly het en die tempel verlaat het om te begin boer en vee groot te maak sodat hulle hul families kon voed.  Hulle het nie na ‘n Bybelskool gegaan om te kwalifiseer, sodat hulle ‘n tiende kon ontvang nie;  hulle het dit ontvang omdat hulle Leviete was.  Die tiendes was ‘n erfenis wat God aan die Leviete gegee het deur die oorblywende 11 stamme.  Terwyl Israel gehoorsaam was aan God, en hulle tiendes aan die Leviete gegee het, kon die Leviete God se werk doen, soos Hy dit aan hulle die opdrag gegee het om te doen.

Num 18:24  Want die tiendes van die kinders van Israel wat hulle aan die HERE as offergawe afgee, gee Ek aan die Leviete as erfdeel. Daarom het Ek aangaande hulle gesê: Hulle moet onder die kinders van Israel geen erfdeel kry nie [geen land van hul eie nie].
Num 18:25  En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
Num 18:26  Jy moet ook met die Leviete spreek en aan hulle sê: As julle van die kinders van Israel die tiendes neem wat Ek aan julle van hulle as jul erfdeel gegee het, moet julle daarvan ‘n offergawe aan die HERE afgee, ‘n tiende van die tiende.
Num 18:27  En julle offergawe sal vir julle gereken word soos koring van die dorsvloer af en soos die volle opbrings uit die parskuip.
Num 18:28  moet julle ook ‘n offergawe aan die HERE afgee van al julle tiendes wat julle van die kinders van Israel neem, en julle moet daarvan die offergawe aan die HERE aan die priester Aäron gee.

Deu 12:11  Dan moet julle na die plek [tempel] wat die HERE julle God sal uitkies om sy Naam daar te laat woon, alles bring wat ek julle beveel: julle brandoffers en julle slagoffers, julle tiendes en die offergawe van julle hand en al julle keurgelofte-offers wat julle die HERE sal belowe.

Deu 26:12  As jy al die tiendes van jou opbrings klaar afgesonder het in die derde jaar, die jaar van die tiendes, dan moet jy aan die Leviet, die vreemdeling, die wees en die weduwee gee, dat hulle in jou poorte kan eet en versadig word.
Deu 26:13  En jy moet voor die aangesig van die HERE jou God sê: Ek het die heilige goed uit die huis weggebring en dit ook aan die Leviet en die vreemdeling, die wees en die weduwee gegee, geheel en al volgens u gebod wat U my beveel het; ek het geeneen van u gebooie oortree of vergeet nie.

Van die 40 000 denominasies, hoeveel sal vergaan as mense ophou om tiendes te gee, en slegs gee soos die Heilige Gees hulle lei.  Dan sal dié wat God daar wil bewaar, voortbestaan en die kerk sal terugkeer na Hand 2:46  En dag vir dag het hulle eendragtig volhard in die tempel en van huis tot huis brood gebreek en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet,
Hand 2:47  terwyl hulle God geprys het en in guns was by die hele volk. En die Here het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is.

Joh 1:12  Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;

2Ti 2:19  Ewenwel, die fondament van God staan vas met hierdie seël: Die Here ken die wat syne is; en: Laat elkeen wat die Naam van Christus noem, afstand doen van die ongeregtigheid.

Act 11:20  En daar was sommige van hulle, Cipriese en Cirenése manne, wat in Antiochíë gekom het en met die Griekssprekende Jode gepraat en die evangelie van die Here Jesus verkondig het.
Act 11:21  En die hand van die Here was met hulle, en ‘n groot getal het gelowig geword en hulle tot die Here bekeer.
Act 11:22  En die berig hiervan het die gemeente wat in Jerusalem was, ter ore gekom en hulle het Bárnabas afgestuur om die land deur te gaan tot by Antiochíë.
Act 11:23  Toe hy daar kom en die genade van God sien, was hy bly en het almal vermaan om met hartlike voorneme aan die Here getrou te bly;
Act 11:24  want hy was ‘n goeie man en vol van die Heilige Gees en geloof; en ‘n aansienlike skare is aan die Here toegebring.

Rom 9:28  want Hy volbring ‘n saak en verkort dit in geregtigheid, omdat die Here ‘n saak wat verkort is, op die aarde sal doen.

Tit 3:4  Maar toe die goedertierenheid van God, ons Verlosser, en sy liefde tot die mens verskyn het—
Tit 3:5  nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees

Mat 16:18  En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek  [Jesus] my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.

Hoeveel predikers van vandag begeer to te sê wat Moses gesê het in Heb 11:24  Deur die geloof het Moses, toe hy grootgeword het, geweier om die seun van Farao se dogter genoem te word,
Heb 11:25  omdat hy verkies het om liewer sleg behandel te word saam met die volk van God as om ‘n tyd lank die genot van die sonde te hê,
Heb 11:26  en die smaad van Christus groter rykdom geag het as die skatte van Egipte, want hy het uitgesien na die beloning. [Sy beloning was nie in hierdie wêreld nie, maar in die ewigheid.]
Heb 11:27  Deur die geloof het hy Egipte verlaat sonder om die toorn van die koning te vrees, want hy het volgehou soos een wat die Onsienlike sien.

Sal jy of jou predikant of pastoor die smaad van Christus groter ag as die skatte van Egipte?  Onthou, Egipte was die nommer een land van die wêreld van daardie tyd.  Moses kon een van die rykste mense in die wêreld geword het.  Maar slegs wanneer jy die enigste, Wyse, Onsterflike, Onsienbare God, Koning bo alle konings en Heer bo alle here gesien het, kan jy soveel geld en rykdom wegwys!

Onkunde is ‘n ander groot probleem.  Dit is lank gelede aangespreek.  Hos 4:6  My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet.
Hos 4:7  Hoe meer hulle vermenigvuldig het, des te meer het hulle teen My gesondig. Ek sal hulle heerlikheid in skande verander.
Vandag word mense maklik deur enige lering gedryf:  Eph 4:14  sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring;

Jak 1:6  Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos ‘n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word.
Jak 1:7  Want dié mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie—
Jak 1:8  so ‘n dubbelhartige man, onbestendig in al sy weë.

Dit is waarom daar so baie nonsens in die “kerke” is vandag.  Byvoorbeeld:  mense wat die bloed pleit.  Die skrif wat sommige gebruik is Exo 12:12  Want Ek [die Here] sal in hierdie nag deur Egipteland trek en al die eersgeborenes in Egipteland tref, van mense sowel as van diere. En Ek [die Here] sal strafgerigte oefen aan al die gode van Egipte, Ek, die HERE.
Exo 12:13  Maar die bloed sal vir julle ‘n teken wees aan die huise waarin julle is: as Ek [die Here] die bloed sien, sal Ek [die Here] by julle verbygaan. En daar sal geen verderflike plaag onder julle wees wanneer Ek [die Here] Egipteland tref nie. So, waarom pleit mense die bloed oor hul motors, huise, kinders, ens?  vir beskerming teen die duiwel?  Maar hier sien ons dat dit juis die Here is wat verbygaan by die huise met bloed.  As mense die Woord sal LEES, sal hulle die konteks verstaan.  Waar, in die Skrif, word die Liggaam van Christus instruksie gegee om die bloed te pleit?  Die bloed van Jesus het net EEN doel – om ons te reinig van alle sonde!

Hoe reinig die bloed van Jesus ons van sonde?  Heb 2:14  Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het—dit is die duiwel—  Dit sê dat Jesus vlees en bloed geword het, net soos die kinders van Israel.  Sy menslike bloed was dieselfde in alle opsigte, behalwe dat Jesus se bloed nie besmet was met sonde nie.  Heb 4:15  Want ons het nie ‘n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde.  Jesus is nie deur ‘n sondige man verwek nie. Luk 1:34  Toe sê Maria vir die engel: Hoe kan dit wees aangesien ek geen man het nie?
Luk 1:35  En die engel antwoord en sê vir haar: Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou oorskadu. Daarom ook sal die Heilige wat gebore word, Seun van God genoem word.  Dit is waarom diere gebruik is as offers in die Ou Testament;  hulle bloed was nie besmet met sonde nie!  The ‘pleit van bloed’ sal later meer in detail bespreek word.