WEEK 2 - DIE OPENBARING VAN DIE OPGESTANE HERE JESUS CHRISTUS

Ons het verlede week gesien hoe God manne gebruik het regdeur die geskiedenis om Sy wil uit te voer. Met Noag het hy die aarde hernu en bose mense vernietig. In Abraham het hy Sy eie uitverkose volk begin - 'n volk wat Sy Seun, die Verlosser van die wêreld, sou voortbring. Met Moses het Hy aan die volk die wet gegee en hulle gelei na die Beloofde Land. Johannes berei die weg voor die Here. Jesus kom as 'n man en kom doen die wil van sy Vader, waarmee hy Sy koninkryk versinnebeeld. Kom ons kyk nou verder na die man vir wie God geroep het om die goeie nuus te verkondig aan die heidene...
Efes. 3:8 Aan my, die geringste van al die heiliges, is hierdie genade gegee om onder die heidene die evangelie van die onnaspeurlike rykdom van Christus te verkondig,
Efes. 3:9 en vir almal aan die lig te bring wat die gemeenskap is van die verborgenheid wat van alle eeue af verborge was in God wat alles geskape het deur Jesus Christus,
Hierdie verborge dinge wat die onbereikbare rykdom van Christus was, was weggesteek, maar dit word bekend gemaak aan Paulus, maar nie oor wie hy was nie. Volgens homself was hy (Paulus) die geringste van al die heiliges.
Hoe het Paulus die openbaring van die geheimenis van Christus ontvang? Paulus is opgeneem tot in die derde hemel...
2Kor 12:1 Dit is waarlik vir my nie nuttig om te roem nie, want ek sal kom tot gesigte en openbaringe van die Here.
2Kor 12:2 Ek weet van ʼn man in Christus, veertien jaar gelede — of dit in die liggaam was, weet ek nie, of buite die liggaam, weet ek nie, God weet dit — dat so iemand weggeruk is tot in die derde hemel.
2Kor 12:3 En ek weet van so ʼn man — of dit in die liggaam of buite die liggaam was, weet ek nie, God weet dit —
2Kor 12:4 dat hy weggeruk is in die Paradys en onuitspreeklike woorde gehoor het wat ʼn mens nie mag uitspreek nie.
2Kor 12:5 Oor so ʼn man sal ek roem, maar oor myself sal ek nie roem nie, behalwe in my swakhede.
2Kor 12:6 Want as ek sou wil roem, sou ek nie ʼn dwaas wees nie, want ek sou die waarheid praat; maar ek laat dit ná, sodat niemand my hoër mag skat as wat hy van my sien of wat hy van my hoor nie.
2Kor 12:7 En dat ek my oor die voortreflikheid van die openbaringe nie sou verhef nie, is my ʼn doring in die vlees gegee, ʼn engel van die Satan, om my met die vuis te slaan, dat ek my nie sou verhef nie.
As gevolg van die oorvloed van hierdie hemelse openbaring, is daar vir hom 'n doring in sy vlees gegee, sodat hy nie hoogmoedig sou word nie; God weerstaan die hoogmoediges (Jakobus 4:6)
(Die Lewende Bybel) 2 Kor. 12:2 Veertien jaar gelede het daar met 'n sekere Christen iets wonderliks gebeur. Ek weet dit baie goed want dit was ek self. Ek is skielik opgeneem na die hoogste hemel toe.
Meer bewyse dat Paulus werklik in die hemel was, is dat hy nooit self vir Jesus in die vlees geken het hier op die aarde nie - en tog sê hy: "Want ek het van die Here ontvang..."
1Kor 11:23 Want ek het van die Here ontvang wat ek ook aan julle oorgelewer het, dat die Here Jesus in die nag waarin Hy verraai is, brood geneem het;
Voor Saulus se bekering was hy 'n vyand van Christus. Ons het geen skrif wat bevestig of aandui dat Saulus ooit die Here Jesus ontmoet het voordat Hy gekruisig is nie. God self het vir Paulus uitgekies om 'n apostel te wees:
Gal 1:1 Paulus, ʼn apostel nie vanweë mense of deur ʼn mens nie, maar deur Jesus Christus en God die Vader wat Hom uit die dode opgewek het,
Gal 1:8 Maar al sou ons of ʼn engel uit die hemel julle ʼn evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ʼn vervloeking wees!
Gal 1:9 Soos ons vantevore gesê het, sê ek nou ook weer: As iemand julle ʼn evangelie verkondig in stryd met die wat julle ontvang het, laat hom ʼn vervloeking wees!
Gal 1:10 Soek ek dan nou die guns van mense, of van God? Of probeer ek om mense te behaag? As ek nog mense behaag, dan sou ek nie ʼn dienskneg van Christus wees nie.
Gal 1:11 Maar ek maak julle bekend, broeders, dat die evangelie wat deur my verkondig is, nie na die mens is nie.
Gal 1:12 Want ek het dit ook nie van ʼn mens ontvang of geleer nie, maar deur ʼn openbaring van Jesus Christus.
U mag dalk vra hoe kon Paulus sulke sterk taal (".. laat hom 'n vervloeking wees!") by herhaling gebruik het?
Onthou, Moses was ook 'n man wat deur God geroep is - en kyk bietjie wat het met die mense gebeur wat hom (Moses) weerstaan het...
Num. 16:12 En Moses het gestuur om Datan en Abíram, die seuns van Elíab, te laat roep; maar hulle het gesê: Ons sal nie opkom nie.
Num. 16:13 Is dit nie genoeg dat jy ons uit ʼn land wat oorloop van melk en heuning laat optrek het om ons in die woestyn om te bring, dat jy ook gedurig oor ons die baas wil speel nie?
Num. 16:14 Ook het jy ons nie gebring in ʼn land wat oorloop van melk en heuning en aan ons geen lande en wingerde as erfdeel gegee nie. Wil jy die oë van hierdie manne uitgrawe? Ons sal nie opkom nie.
Num. 16:15 Toe het Moses baie kwaad geword, en hy het aan die HERE gesê: Sien hulle offer nie aan nie. Ek het nie een esel van hulle geneem en nie een van hulle kwaad aangedoen nie.
Num. 16:16 Verder het Moses vir Korag gesê: Jy en jou hele bende, sorg dat julle môre voor die aangesig van die HERE is, jy en hulle en Aäron.
Num. 16:25 Toe het Moses opgestaan en na Datan en Abíram gegaan, en die oudstes van Israel het agter hom aan gegaan.
Num. 16:26 Daarop het hy die vergadering toegespreek en gesê: Verwyder julle tog van die tente van hierdie goddelose manne en raak nie aan iets wat aan hulle behoort nie, dat julle nie weens al hulle sondes omkom nie.
Num. 16:27 En hulle het gemaak dat hulle wegkom rondom die woning van Korag, Datan en Abíram; maar Datan en Abíram het uitgekom en gaan staan by die deur van hulle tente saam met hulle vroue en seuns en kindertjies.
Num. 16:28 Toe sê Moses: Hieraan sal julle weet dat die HERE my gestuur het om al hierdie werke te doen, dat hulle nie uit my eie hart is nie:
Num. 16:29 as hierdie mense sterwe soos alle mense sterwe en met die besoeking van alle mense besoek word, dan het die HERE my nie gestuur nie.
Num. 16:30 Maar as die HERE iets nuuts skep en die grond sy mond oopmaak en hulle verslind met alles wat aan hulle behoort, en hulle lewendig na die doderyk afdaal, dan sal julle weet dat hierdie manne die HERE verag het.
Num. 16:31 En toe hy al hierdie woorde klaar gespreek het, skeur die grond wat onder hulle was,
Num. 16:32 en die aarde het sy mond oopgemaak en hulle verslind saam met hul huisgesinne en al die mense wat aan Korag behoort het en al die goed.
Num. 16:33 So het hulle dan met alles wat hulle s'n was, lewendig na die doderyk afgedaal; en die aarde het hulle oordek, en hulle het omgekom uit die vergadering.
Hierdie manne het die man wat deur God gestuur is (Moses) weerstaan.
Ons vind 'n waarskuwing in Heb. 10:28-29:
Heb. 10:28 As iemand die wet van Moses verwerp het, sterf hy sonder ontferming op die getuienis van twee of drie;
Heb. 10:29 hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy verdien wat die Seun van God vertrap het en die bloed van die testament waardeur hy geheilig is, onrein geag en die Gees van genade gesmaad het?
Paulus het geweet dat hy 'n boodskap ontvang het van ewige verlossing deur genade - dit is waarom hy kon sê: As enigiemand 'n ander evangelie bring, laat hom vervloek wees! Hy het geweet dat sulke mense 'n swaarder straf sou ontvang.
Gal 1:8 Maar al sou ons of ʼn engel uit die hemel julle ʼn evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ʼn vervloeking wees!
Gal 1:9 Soos ons vantevore gesê het, sê ek nou ook weer: As iemand julle ʼn evangelie verkondig in stryd met die wat julle ontvang het, laat hom ʼn vervloeking wees!
Dit is waarom Paulus in Handelinge 20:26-27 sê:
Hand 20:26 Daarom betuig ek aan julle op hierdie dag dat ek rein is van die bloed van almal.
Hand 20:27 Want ek het nie nagelaat om aan julle die hele raad van God te verkondig nie.
Wat beteken "die volle raadsplan van God"? Dit sluit alles in wat God van ons vereis om redding te verkry, om gevul te word met, en te wandel in die Heilige Gees, om die wegraping mee te maak, om die volle prys (beloning) te ontvang, en om die ewige lewe te beërwe deur Jesus Christus.
In die 15 briewe wat Paulus geskryf het, het hy die VOLLE RAADSPLAN VAN GOD bekend gemaak. Kan ons onsself indink wat 'n voorreg dit is om die volle raadsplan van God te ontvang?
Efes. 3:7 waarvan ek ʼn dienaar geword het, volgens die gawe van die genade van God wat aan my gegee is ooreenkomstig die werking van sy krag.
Efes. 3:8 Aan my, die geringste van al die heiliges, is hierdie genade gegee om onder die heidene die evangelie van die onnaspeurlike rykdom van Christus te verkondig,
Efes. 3:9 en vir almal aan die lig te bring wat die gemeenskap is van die verborgenheid wat van alle eeue af verborge was in God wat alles geskape het deur Jesus Christus,
Waarom het die dissipels wat vir 3½ jaar saam met Jesus was nie ook die volle raadsplan van God gehad nie?
Kom ons kyk na 'n paar voorbeelde van wat die dissipels verstaan het en wat aan Paulus geopenbaar is:
By die kruis van Christus was slegs 'n paar van Sy volgelinge.
Joh. 19:25 En by die kruis van Jesus het gestaan sy moeder en sy moeder se suster, Maria, die vrou van Klopas, en Maria Magdaléna.
Joh. 19:26 En toe Jesus sy moeder sien en die dissipel wat Hy liefgehad het, by haar staan, sê Hy vir sy moeder: Vrou, dáár is u seun!
Toe Jesus gesterf het, het die dissipels gedink dit was die einde. Hulle het nie verstaan wat werklik besig was om te gebeur nie...
Joh. 21:3 Simon Petrus sê vir hulle: Ek gaan visvang. Hulle sê vir hom: Ons gaan ook saam met jou. En hulle het uitgegaan en dadelik in die skuit geklim, en in daardie nag het hulle niks gevang nie.
Vir hulle was alles verby en hulle sou aangaan met hulle lewens soos voorheen.
Wat was aan Paulus geopenbaar met betrekking tot die dood van die Here Jesus Christus?
Rom. 5:8 maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.
Kol. 2:13 En julle, wat dood was deur die misdade en die onbesnedenheid van julle vlees, het Hy saam met Hom lewend gemaak deurdat Hy julle al die misdade vergeef het,
Kol. 2:14 en die skuldbrief teen ons, wat met sy insettinge ons vyandig was, uitgedelg en weggeruim het deur dit aan die kruis vas te nael,
Kol. 2:15 nadat Hy die owerhede en magte uitgeklee en hulle in die openbaar tentoongestel en daardeur oor hulle getriomfeer het.
Dit was aan Paulus geopenbaar dat Jesus vir ons sondes gesterf het. Dit was God se liefde vir ons wat Jesus aan die kruis vasgenael gehou het. Toe ons nog sondaars was, het Hy die lys met ons sondes gevat en dit vasgespyker in Sy kruis. Dit is die bewys dat ons skuld (ons sondes) TEN VOLLE betaal is. Dit is nie iewers in 'n hoekie gedoen nie; dit is in die openbaar gedoen sodat almal dit kon sien en sodat die genade van God aan elke vors en mag in die hele wêreld bekend gemaak kon word.