WEEK 1: DIE REGTE FONDASIE...

Ek vertrou dat u elkeen alreeds die Here Jesus Christus aangeneem het as u persoonlike Verlosser en Saligmaker.
1Kor 3:11 Want niemand kan ‘n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus.
Noudat jy in die wedloop is, gaan jy beoordeel word volgens die reëls van die wedloop...
1Kor 9:24 Weet julle nie dat die wat op die baan hardloop, wel almal hardloop, maar dat een die prys ontvang nie? Hardloop só dat julle dit sekerlik kan behaal.
Ons gaan verskyn voor die oordeels-troon van Christus om rekenskap te gee van die dinge wat ons in ons liggame gedoen het. Hoe het ons op die fondasie gebou? Neem ons deel aan die wedloop volgens wat die reëls voorskryf?
In hierdie studies sal daar dikwels verwys word na Paulus of Paulus se evangelie. Daar is 'n baie belangrike rede hiervoor... Rom 2:16 in die dag wanneer God die verborge dinge van die mense deur Jesus Christus sal oordeel, volgens my evangelie.
Regdeur die Bybel gebruik God mense om Sy Woord bekend te maak. In die ou testament vind ons 'n man genaamd Noag. 2Pet 2:5 en die ou wêreld nie gespaar het nie, maar Noag, die prediker van geregtigheid, met sewe ander bewaar het toe Hy die sondvloed oor die wêreld van goddelose mense gebring het;
Noag het die mense gewaarsku dat 'n vloed op pad was. Hy het nie Die Wet of Genade verkondig nie.
Abraham - die heel belangrikste man wat God in die ou testament gebruik het: Gen 12:1 En die HERE het aan Abram gesê: Gaan jy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die land wat Ek jou sal wys.
Gen 12:2 En Ek sal jou ʼn groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy ʼn seën sal wees.
Gen 12:3 En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word.
Ons weet dat God vir Moses reeds geroep het toe hy maar nog 'n kind was. Exo 2:10 En toe die seuntjie groot geword het, bring sy hom na Farao se dogter; en hy het haar seun geword. En sy het hom Moses genoem en gesê: Ek het hom mos uit die water getrek.
Moses was geroep om Die Wet te ontvang, hy het nie die mense gewaarsku oor die vloed nie.
Moses het 'die evangelie van die dood ontvang, naamlik Die Wet - en hierdie Wet was SLEGS vir die Jode.
2Kor 3:7 En as die bediening van die dood, met letters op klippe gegraveer, in heerlikheid was, sodat die kinders van Israel nie die oë kon vestig op die aangesig van Moses nie vanweë die heerlikheid van sy aangesig, wat tog moes vergaan,
Exo 34:32 En daarna het al die kinders van Israel nader gekom, en hy het hulle alles beveel wat die HERE met hom gespreek het op die berg Sinai.
Exo 34:33 Toe Moses klaar met hulle gespreek het, het hy ʼn sluier oor sy gesig getrek. (Hierdie sluier is vandag nog daar.)
2Kor 3:13 nie soos Moses nie, wat ʼn bedekking oor sy aangesig gesit het, sodat die kinders van Israel nie die oë kon vestig op die einde van wat moes vergaan nie.
2Kor 3:14 Maar hulle sinne is verhard. Want tot vandag toe bly by die lesing van die Ou Testament (die Wet van Moses) dieselfde bedekking sonder dat dit opgelig word, die bedekking wat in Christus vernietig word.
2Kor 3:15 Ja, tot vandag toe, wanneer Moses (die Wet van Moses) gelees word, lê daar ʼn bedekking oor hulle hart;
2Kor 3:16 maar wanneer hulle tot die Here bekeer is, word die bedekking weggeneem.
2Kor 3:17 Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid.
2Kor 3:18 En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ʼn spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.
Ons weet ook dat God baie profete gebruik het in die Ou Testament. Luk 16:16 Die wet en die profete was tot op Johannes; van toe af word die evangelie van die koninkryk van God verkondig, en elkeen dring met geweld daarin. Amplified Bible: Until John came there were the law and the prophets; since then the good news (the Gospel) of the kingdom of God is being preached, and every one strives violently to go in- would force his [own way, rather than God's] way into it… Dit is steeds vandag so waar. Daar is ongeveer 40 000 denominasies regoor die wêreld en elkeen probeer sy eie pad in die Koninkryk van God in forseer. In hierdie studies sal ons hierdie probleem aanspreek.
Jesus kom na die aarde as 'n man maar hy kom preek nie oor die vloed of oor die wet nie. Hy kom verkondig die evangelie van die Koninkryk van God. Mar 1:14 En nadat Johannes oorgelewer was, het Jesus in Galiléa gekom en die evangelie van die koninkryk van God verkondig
Mar 1:15 en gesê: Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die evangelie. (Die Goeie Nuus!)
Nou het ons gesien hoe God verskillende manne deur die eeue gebruik het om verskillende boodskappe aan die mense oor te dra.
MAAR DIT IS STEEDS DIESELFDE GOD. 

Vier manne, naamlik Mattheus, Markus, Lukas en Johannes, gee vir ons rekenskap van Jesus se lewe, Sy dood, opstanding en hemelvaart... Jesus het die Koninkryk van God aan Israel kom verkondig...Mat 10:1 En Hy het sy twaalf dissipels na Hom geroep en aan hulle mag gegee oor onreine geeste, om hulle uit te dryf en om elke siekte en elke kwaal te genees.
Mat 10:5 Jesus het hierdie twaalf uitgestuur en hulle bevel gegee en gesê: Moenie gaan op pad na die heidene nie, en moenie ingaan in ʼn stad van die Samaritane nie;
Mat 10:6 maar gaan liewer na die verlore skape van die huis van Israel.
Mat 10:7 En gaan preek en sê: Die koninkryk van die hemele het naby gekom.
Mat 10:8 Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit. Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee.
 
Net soos wat die wet van Moses SLEGS vir die Jode gegee was (naamlik vir die afstammelinge van Abraham, Isak en Jakob), net so het Jesus sy dissipels SLEGS gestuur na die kinders van Israel. Jesus is onder die wet gebore en het toe nog nie gesterf om die wet te vervul nie - inteendeel Jesus self was slegs deur God gestuur na die (geestelik) verlore skape van Israel. Mat 15:21 En Jesus het daarvandaan weggegaan en na die streke van Tirus en Sidon vertrek.
Mat 15:22 En ʼn Kananése vrou het van daardie gebied gekom en na Hom geroep en gesê: Wees my barmhartig, Here, Seun van Dawid! My dogter is erg van die duiwel besete.
Mat 15:23 Maar Hy het haar nie ʼn woord geantwoord nie. Toe kom sy dissipels nader en vra Hom en sê: Stuur haar weg, want sy roep agter ons aan.
Mat 15:24 Maar Hy antwoord en sê: Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel. 

Maar dit is nog nie die einde nie, want as heidene het ons nog nie die Goeie Nuus gehoor nie!  
Hand 28:28 Laat dit dan aan julle bekend wees dat die heil van God aan die heidene gestuur is, en hulle sal luister.
Iemand moes ons (die heidene) vertel waarom het Jesus gesterf, waarom is Hy opgewek uit die dood en waarom het Hy opgevaar na die hemel. Rom 10:15 En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig!
Kon Noag ons vertel het van die wet of van Jesus se geboorte? Noag se openbaring was SLEGS God se oordeel oor die mensdom deur water (die vloed). In Noag se tyd moes jy in die ark gewees het...
Die boeke van Moses sal SLEGS waarhede openbaar oor 'n tyd in die geskiedenis toe die mensdom sonder God en sonder hoop was in hierdie wêreld! Efes 2:12 dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd van (nie deel van) die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld.
God het ook 'n man gekies om aan die mensdom (Jode sowel as heidene) die ewige doel van die lewe, dood, opstanding en hemelvaart van Jesus te openbaar ASOOK hoe om 'n nuwe LEWE in HOM te leef!
God het ook 'n man geroep hiervoor - sy naam is Paulus, voorheen genoem Saulus...
Gal 1:15 Maar toe dit God behaag het, wat my afgesonder het van die skoot van my moeder af en deur sy genade geroep het,
Gal 1:16 om sy Seun in my te openbaar, sodat ek Hom onder die heidene sou verkondig, het ek dadelik nie vlees en bloed geraadpleeg nie,
Efes 3:1 Om hierdie rede is ek, Paulus, die gevangene van Christus Jesus vir julle wat heidene is
Efes 3:2 as julle ten minste gehoor het van die bediening van die genade van God wat aan my verleen is vir julle,
Efes 3:3 dat Hy aan my deur ʼn openbaring bekend gemaak het die verborgenheid, soos ek tevore kortliks geskryf het;
Efes 3:4 waardeur julle, as julle dit lees, my insig in die verborgenheid van Christus kan verstaan,
Efes 3:5 wat in ander tye aan die mensekinders nie bekend gemaak is nie soos dit nou aan sy heilige apostels en profete geopenbaar is deur die Gees, naamlik
Efes 3:6 dat die heidene mede-erfgename is en medelede van die liggaam en mededeelgenote aan sy belofte in Christus deur die evangelie
Efes 3:7 waarvan ek ʼn dienaar geword het, volgens die gawe van die genade van God wat aan my gegee is ooreenkomstig die werking van sy krag.