WEEK 4 - 'N DISPENSASIE VAN DIE EVANGELIE IS AAN MY TOEVERTROU

Verlede week het ons met hierdie verse geëindig:
1Kor. 9:16  Want as ek die evangelie verkondig, is dit vir my geen roem nie; want die dwang is my opgelê, en weë my as ek die evangelie nie verkondig nie!
1Kor. 9:17  Want as ek dit vrywillig doen, het ek loon; maar as ek dit onwillig doen, is ʼn rentmeesterskap aan my toevertrou.
1Kor. 9:18  Watter loon het ek dan? Dat as ek die evangelie verkondig, ek die evangelie van Christus kosteloos bring, om nie van my reg in die evangelie ten volle gebruik te maak nie.

 Paulus het geweet dat hy 'n outoriteit in die evangelie gehad het.  Nou wil ons hê jy moet dit ook weet.  My begeerte is dat jy sal besef dat God wil hê jy moet Sy Woord reg "sny", sodat wanneer jy voor Hom staan, jy nie beskaamd sal staan nie...
As ons jou kan help om te verstaan dat daar 'n evangelie is waarvolgens jy geoordeel gaan word, dan kan jy strewe daarna om Paulus se evangelie na te volg en om binne God se perfekte wil vir jou te lewe!  In toekomstige studies sal ons die volle raadsplan van God behandel.  Wees asseblief geduldig hierdie week, want ek gaan na baie skrifte verwys om die waarheid in jou hart en verstand te bevestig dat Paulus 'n evangelie van die opgestane Here Jesus Christus ontvang het - VIR JOU!  Die Woord van God moet bevestig word deur ten minste twee of drie skrifte:  2Kor. 13:1  Dit is die derde keer dat ek na julle toe kom. In die mond van twee of drie getuies sal elke woord vasstaan.

Gal. 1:8  Maar al sou ons of ʼn engel uit die hemel julle ʼn evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ʼn vervloeking wees!
Gal. 1:9  Soos ons vantevore gesê het, sê ek nou ook weer: As iemand julle ʼn evangelie verkondig in stryd met die wat julle ontvang het, laat hom ʼn vervloeking wees!
Gal. 1:10  Soek ek dan nou die guns van mense, of van God? Of probeer ek om mense te behaag? As ek nog mense behaag, dan sou ek nie ʼn dienskneg van Christus wees nie.
Gal. 1:11  Maar ek maak julle bekend, broeders, dat die evangelie wat deur my verkondig is, nie na die mens is nie.
Gal. 1:12  Want ek het dit ook nie van ʼn mens ontvang of geleer nie, maar deur ʼn openbaring van Jesus Christus.
Rom. 16:25  Aan Hom dan wat magtig is om julle te versterk volgens my evangelie en die prediking van Jesus Christus, ooreenkomstig die openbaring van die verborgenheid wat eeue lank verswyg is,
Hand. 9:15  Maar die Here sê vir hom: Gaan, want hy is vir My ʼn uitverkore werktuig om my Naam te dra voor nasies en konings en die kinders van Israel.
Rom. 2:16  in die dag wanneer God die verborge dinge van die mense deur Jesus Christus sal oordeel, volgens my evangelie.
1Kor. 9:17  Want as ek dit vrywillig doen, het ek loon; maar as ek dit onwillig doen, is ʼn rentmeesterskap (van die evangelie) aan my toevertrou.
1Kor. 15:1  Broeders, ek maak julle die evangelie bekend wat ek aan julle verkondig het, wat julle ook aangeneem het, waarin julle ook staan,
1Kor. 15:2  waardeur julle ook gered word as julle daaraan vashou op die wyse waarop ek dit aan julle verkondig het, of julle moet tevergeefs geglo het.
2Kor. 4:3  Maar as ons evangelie dan nog bedek is, is dit bedek in die wat verlore gaan,
2Kor. 10:8  want al sou ek ook nog meer roem oor ons gesag wat die Here ons gegee het om julle op te bou en nie neer te werp nie, sal ek nie beskaamd uitkom nie —
Gal. 1:15  Maar toe dit God behaag het, wat my afgesonder het van die skoot van my moeder af en deur sy genade geroep het,
Gal. 1:16  om sy Seun in my te openbaar, sodat ek Hom onder die heidene sou verkondig, het ek dadelik nie vlees en bloed geraadpleeg nie,
Fil. 3:17  Wees ook my navolgers, broeders, en let op die wat so wandel soos julle ons tot voorbeeld het.
Fil. 4:9  En wat julle geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het, doen dit, en die God van vrede sal met julle wees.
1Tes. 1:5  Want ons evangelie het tot julle nie gekom in woord alleen nie, maar ook in krag en in die Heilige Gees en in volle versekerdheid, soos julle weet hoedanig ons onder julle om julle ontwil gewees het.
1Tes. 2:4  maar soos ons deur God waardig geag is dat die evangelie aan ons toevertrou sou word, so spreek ons, nie om mense te behaag nie, maar God wat ons harte beproef.
1Tim. 1:11  volgens die evangelie van die heerlikheid van die salige God wat aan my toevertrou is.
1Tim. 1:16  Maar daarom. is aan my barmhartigheid bewys, dat Jesus Christus in my as die vernaamste al sy lankmoedigheid sou betoon, om ʼn voorbeeld te wees vir die wat in Hom sal glo tot die ewige lewe.
2Tim. 2:8  Onthou dat Jesus Christus, uit die geslag van Dawid, uit die dode opgewek is volgens my evangelie,
Titus 1:3  en op die regte tyd sy woord bekend gemaak het deur die prediking wat aan my toevertrou is, ooreenkomstig die gebod van God, ons Verlosser...
1Kor. 11:1  Wees my navolgers, soos ek dit ook van Christus is.
1Kor. 11:2  En ek prys julle, broeders, dat julle in alles aan my dink en aan die leringe vashou soos ek dit aan julle oorgelewer het.
1Kor. 4:16  Ek vermaan julle dan, word my navolgers.
1Kor. 4:17  Daarom het ek Timotheüs, wat my geliefde en getroue seun in die Here is, na julle gestuur. Hy sal julle herinner aan my handelwyse in Christus, soos ek oral in elke gemeente leer.
1Kor. 15:1  Broeders, ek maak julle die evangelie bekend wat ek aan julle verkondig het, wat julle ook aangeneem het, waarin julle ook staan,
1Kor. 15:2  waardeur julle ook gered word as julle daaraan vashou op die wyse waarop ek dit aan julle verkondig het, of julle moet tevergeefs geglo het.
1Kor. 15:3  Want in die eerste plek het ek aan julle oorgelewer wat ek ook ontvang het, dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte;
1Kor. 15:4  en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte;
1Tes. 4:1  Verder dan, broeders, vra en vermaan ons julle in die Here Jesus dat julle, soos julle van ons geleer het hoe julle moet wandel en God behaag, nog oorvloediger mag wees.
1Tes. 4:2  Want julle weet watter bevele ons julle deur die Here Jesus gegee het.
2Thes. 3:6  Ons beveel julle, broeders, in die Naam van onse Here Jesus Christus, dat julle jul onttrek aan elke broeder wat onordelik wandel en nie volgens die oorlewering wat hy van ons ontvang het nie.
1Kor. 2:7  Maar ons spreek die wysheid van God, wat bestaan in verborgenheid wat bedek was en wat God van ewigheid af voorbeskik het tot ons heerlikheid,
Efes. 3:3  dat Hy aan my deur ʼn openbaring bekend gemaak het die verborgenheid, soos ek tevore kortliks geskryf het;
Efes. 3:4  waardeur julle, as julle dit lees, my insig in die verborgenheid van Christus kan verstaan,
Efes. 3:9  en vir almal aan die lig te bring wat die gemeenskap is van die verborgenheid wat van alle eeue af verborge was in God wat alles geskape het deur Jesus Christus,
Efes. 5:32  Hierdie verborgenheid is groot, maar ek sê dit met die oog op Christus en die gemeente.
Efes. 6:19  en vir my, sodat ʼn woord my gegee mag word as ek my mond oopmaak om met vrymoedigheid die verborgenheid van die evangelie bekend te maak,
Kol. 4:3  en bid tegelykertyd ook vir ons, dat God vir ons die deur van die woord mag open om te spreek van die verborgenheid van Christus, waarvoor ek ook in boeie is,
Kol. 2:2  dat hulle harte vertroos mag word, deurdat hulle saamgevoeg word in die liefde en tot alle rykdom van die volle versekerdheid van insig, om die verborgenheid te leer ken van God en die Vader en van Christus,
Kol. 2:3  in wie al die skatte van wysheid en kennis verborge is.
Kol. 2:4  Dit sê ek, sodat niemand julle mag verlei met drogredes nie.
Hand. 20:27  Want ek het nie nagelaat om aan julle die hele raad van God te verkondig nie.

Paulus het geweet hy het 'n verborgenheid ontvang wat vir eeue weggesteek was.  Nou weet jy dit ook!  Maar daar is mense wat hulleself Christene noem, maar hulle weet nie.

2Kor. 4:3  Maar as ons evangelie dan nog bedek is, is dit bedek in die wat verlore gaan,
2Kor. 4:4  naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie.
2Kor. 4:5  Want ons verkondig nie onsself nie, maar Christus Jesus as Here, en onsself as julle diensknegte om Jesus wil.