WEEK 5: DIE OË VAN JOU VERSTAND MOET VERHELDER WORD...

Verlede week het ons duidelik gesien uit die Woord van God dat 'n Evangelie gegee is aan Paulus vir die heidene.  Ons het ook gesien dat daar mense is wat dit behoort te weet, maar nie doen nie, hoekom?  Paulus vertel vir ons dat die god van hierdie wêreld die mense se oë verblind vir die glorieryke Evangelie - die goeie nuus - en dit sal ook nie vir hulle geopen word nie.  Valse leraars vertel die mense wat hulle graag wil hoor...
2Co 4:4  naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie.
1Ti 1:7  hulle wil leraars van die wet wees, alhoewel hulle wat hulle sê, of die dinge wat hulle beslis beweer, nie verstaan nie.
2Ti 4:3  want daar sal ʼn tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ʼn menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede,
Gal 3:1  o, Onverstandige Galásiërs, wie het julle betower om die waarheid nie gehoorsaam te wees nie, julle voor wie se oë Jesus Christus afgeskilder is as onder julle gekruisig?
Mense word betower of getoor (Engels = bewitched) om die leuen te glo.  Kan ons 'n voorbeeld gee van hoe die leuen aanvaarbaar gemaak word?  Kom ons gebruik 'n sakdoek om die leuen voor te stel.  Dink jy ek sal 'n sakdoek 5 meter ver kan gooi?  Nie maklik nie.  Onthou die sakdoek verteenwoordig die leuen, so ek kan dus nie die leuen "oor kry nie" (mense laat glo nie).  Kom ons gebruik nou my motorsleutels om die waarheid voor te stel. As ek die sleutels in die sakdoek sou toedraai, dan sal ek dit wel kan regkry om die sakdoek (leuen) met my sleutels (waarheid) daarin 5 meter ver te gooi...
Ons kan verstaan dat, om mense 'n leuen te laat glo het jy waarheid ook nodig.  Dit is waarom baie mense die naam van Jesus of die teken van 'n kruis gebruik, MAAR as hulle nie Paulus se evangelie verkondig nie (die volle raadsplan van God), bly daar net een ding oor vir jou om te doen:  vlug!
Jy mag dalk vra:  Wat presies is Paulus se evangelie?  "Evangelie" is goeie nuus.  Paulus is net 'n man wat 'n boodskap van goeie nuus ontvang het.
Kom ons kyk wat skryf Paulus oor Jesus...
Rom. 5:1  Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus;
1Kor. 2:8  ... die Here van die heerlikheid ...
1Kor. 5:7  ... want ook ons paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus.
1Kor. 3:11  Want niemand kan ʼn ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus.
1Kor. 15:24  Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het.
1Kor. 15:25  Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het.
1Kor. 15:26  Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood.
1Kor. 15:27  Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het.
1Kor. 15:28  En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees.
Gal. 5:1  Staan dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie.
Efes. 4:12  om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus,
Efes. 4:13  totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ʼn volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus;
Fil. 3:8  Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry
Kol. 1:18  En Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees.
1Tim 6:15  wat op sy eie tyd vertoon sal word deur die salige en enigste Heerser, die Koning van die konings en Here van die here,
2Tim 4:1  Ek besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk:
Titus 2:14  wat Homself vir ons gegee het om ons te verlos van alle ongeregtigheid en vir Homself ʼn volk as sy eiendom te reinig, ywerig in goeie werke.
Heb. 2:10  Want dit het Hom betaam, ter wille van wie alle dinge en deur wie alle dinge is, as Hy baie kinders na die heerlikheid wou bring, om die bewerker van hulle saligheid deur lyde te volmaak.
Heb. 4:14  Terwyl ons dan ʼn groot Hoëpriester het wat deur die hemele deurgegaan het, naamlik Jesus, die Seun van God, laat ons die belydenis vashou.
Heb. 12:2  die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het.
Paulus gee al die eer aan Jesus, die Leidsman van ons verlossing, die Koning bo alle konings, die Heer bo alle here.
Wat is hierdie goeie nuus wat Paulus ontvang het?  Eerstens en belangrikste is die beste nuus dat daar met ons sondes gehandel is.  Paulus het ook openbaring ontvang aangaande:
<![if !supportLists]>·         <![endif]>die dispensasie van genade,
<![if !supportLists]>·         <![endif]>die doop met water - die identifikasie met die dood, begrafnis en opstanding van ons Here Jesus Christus,
<![if !supportLists]>·         <![endif]>die doop met die Heilige Gees,
<![if !supportLists]>·         <![endif]>die werking van die Heilige Gees,
<![if !supportLists]>·         <![endif]>die gawes,
<![if !supportLists]>·         <![endif]>die nuwe skepping in Christus,
<![if !supportLists]>·         <![endif]>die orde van ons samekomste,
<![if !supportLists]>·         <![endif]>die aanwysing van diakens en ouderlinge,
<![if !supportLists]>·         <![endif]>die outoriteit en dissipline in die gemeente ("fellowship"),
<![if !supportLists]>·         <![endif]>die huwelik,
<![if !supportLists]>·         <![endif]>verantwoordelikhede van die man, vrou, kinders (terloops, kinders word dikwels in Engels "kids" genoem, maar 'n kind is nie 'n "kid" nie; 'n "kid" is 'n jong bok), diensknegte en meesters,
<![if !supportLists]>·         <![endif]>die wegraping van die kerk,
<![if !supportLists]>·         <![endif]>en nog veel meer...
Hoe maklik is dit om enigiets in jou lewe te toets aan die Woord van God?
Byvoorbeeld:  as jou kerk besluit om 'n optog of betoging te hou, kan jy gaan seker maak wat Paulus in sy briewe geskryf het.  As jy vind dat hy jou instruksie gee om dit te doen, dan kan jy dit doen.  As hy jou nie instruksie daarvoor gee nie, behoort jy nie deel te neem nie.  Wat is agter die rede vir die optog en die swaai van baniere?  Gewoonlik is dit om te wys jy het regte en hoe meer mense die optog meemaak, hoe meer impak het dit.
Eerstens: ons het geen regte nie... ek behoort gekruisig te word...
Gal. 2:20  Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.
Ons burgerskap behoort in die hemel te wees...
Fil. 3:20  Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus,
Nog 'n voorbeeld:  Daar is 'n lering wat sê ons moet terugkeer na ons wortels en dat Israel ons wortels is - hierdie lering gebruik die volgende skrifte...
Rom. 11:17  En as sommige van die takke afgebreek is, en jy wat ʼn wilde olyfboom was, onder hulle ingeënt is en deel gekry het aan die wortel en die vettigheid van die olyfboom,
Rom. 11:18  moet dan nie teen die takke roem nie; en as jy roem dit is nie jy wat die wortel dra nie, maar die wortel vir jou.
Rom. 11:19  Jy sal dan sê: Die takke is afgebreek, sodat ek ingeënt kon word.
Rom. 11:20  Goed! Deur ongeloof is hulle afgebreek, maar jy staan deur die geloof. Moenie hoogmoedig wees nie, maar vrees.
Rom. 11:21  Want as God die natuurlike takke nie gespaar het nie, sal Hy miskien jou ook nie spaar nie.
Israel is slegs die lote, Israel is nie die wortels of die stam nie.  Die stam dra die lote.  Vergelyk hierdie skrif met...
Joh. 15:1  Ek (Jesus)  is die ware wynstok, en my Vader is die landbouer.
Joh. 15:2  Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra.
Joh. 15:3  Julle is alreeds rein deur die woord wat Ek tot julle gespreek het.
Joh. 15:4  Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie.
Joh. 15:5  Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.
Joh. 15:6  As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand.
Ons moet nie teruggaan na die wortels toe nie, maar liewer al die pad terug na die saad.
Gal 3:16  Nou is aan Abraham die beloftes toegesê en aan sy saad. Hy sê nie: En aan die sade, asof dit op baie sien nie, maar op een: En aan jou saad, dit is Christus.
Wat sê Paulus oor die Sabbat, feeste, ens.?
Kol. 2:16  Laat niemand julle dan oordeel in spys of in drank of met betrekking tot ʼn fees of nuwemaan of Sabbat nie,
Kol. 2:17  wat ʼn skaduwee is van die toekomstige dinge; maar die liggaam behoort aan Christus.
Kol. 2:18  Laat niemand julle van jul prys beroof nie, al sou hy behae hê in nederigheid en verering van die engele en indring in wat hy nie gesien het nie, en sonder oorsaak opgeblase wees deur sy vleeslike gesindheid,
Kol. 2:19  en nie vashou aan die Hoof nie, uit wie die hele liggaam deur die gewrigte en verbindinge ondersteuning ontvang en saamgebind word en so met goddelike groei groot word.
Kol. 2:20  As julle dan saam met Christus die eerste beginsels van die wêreld afgesterf het, waarom is julle, asof julle nog in die wêreld lewe, onderworpe aan insettinge
Kol. 2:21  soos: raak nie, smaak nie, roer nie aan nie?
Kol. 2:22  almal dinge wat deur die gebruik bestem is om te vergaan — volgens die gebooie en leringe van mense,
Kol. 2:23  wat, alhoewel dit ʼn skyn van wysheid het, in eiesinnige godsdiens en nederigheid en in gestrengheid teen die liggaam, geen waarde het nie, maar strek tot versadiging van die vlees.